Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 27 JANUARIE 2019

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag:

SLEGS VIER DAE VIR JOU TOEKENNINGS NOMINASIES EN MOSIES

BESPREEK NOU VIR DIE BHF WERKSWINKEL

en

VERSLAE WORD BENODIG VAN 'N 80 M WSPR BAKEN

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

SLEGS VIER DAE VIR JOU TOEKENNINGS NOMINASIES EN MOSIES

Die sluitingsdatum vir nominasies vir SARL-toekennings en trofeë, mosies vir bespreking by die AJV en nominasies om op die Raad te dien, sluit om middernag op Donderdag 31 Januarie 2019.

Die SARL Sekretaris het drie nominasies ontvang om op die Raad te dien. Daar is nog twee vakatures. Twee mosies vir bespreking by die AJV is ontvang, maar geen mosie van 'n klub wat die 2020-SARL Dag van die Radio Amateur wil aanbied nie. Twee nominasies is ontvang vir Ere Lewenslange lidmaatskap, drie vir die Jack Twine toekenning, een vir die SAATI-toekenning en een vir die SOTA-toekenning.

Geen nominasies is ontvang vir die ICOM Uitmuntendheids Toekenning, die Barney Joel-trofee vir HF mobiel, die Bert Buckley Ses Meter Trofeë, die Radio ZS Vier Meter Wissel trofeë, die Arthur Hemsley 2 meter Trofeë, die Radio ZS Twee Meter Wissel trofeë, die Joseph White Plak vir 430 MHz en hoër, die Gary Immelman Radio-amateur-erfenis-toekenning- Wissel trofeë of die JJ Pienaar-trofeë. In November 2018 het SARLNuus berig oor die 2 meter FM QSOs tussen ZS1, ZS3 en St Helena Eiland.

Jy word verwys na bladsye 14, 15 en 16 van die Desember Radio ZS asook die SARL-kommunikasie gedateer 31 Desember 2018 vir 'n lys van die SARL-toekennings en trofeë wat tydens die toekennings dinee oorhandig sal word.

BESPREEK NOU VIR DIE BHF WERKSWINKEL

Een van die vele fasette van Amateur Radio is om die spektrum bo 30 MHz te verken. Hierdie frekwensie spektrum het soveel moontlikhede vir ontdekking. As jy dink om 'n DX-kontak te maak is pret, dan het jy nog nie ‘n langafstand kontak op BHF en UHF te probeer maak nie. Dit sal jou met trots vul. Die SARL het saam gewerk met AMSATSA om hierdie gedeelte van die Amateur Radio-spektrum te verken. Daar is baie meer as om op 'n herhaler na die Sondag bulletin te gesels. Woon die volgende werkswinkel by op Saterdag 9 Februarie 2019 by die Nasionale Amateurradiosentrum. Die werkswinkel begin om 09:00 en eindig om 14:00. Registreer nou. Vir besonderhede, die volledige program en registrasie vorm, volg die skakel van die SARL tuisblad of wys jou blaaier na www.amsatsa.org.za

Op 14 Januarie 2019 is 'n brief aan die Klub voorsitters oor die BHF/UHF-werkswinkel gestuur, maar tot op datum het die organiseerders geen terugvoer van Klubs ontvang nie. Die inligting op www.sarl.org.za/public/local/ClubsList.asp is gebruik om Klubs te kontak.

DIE SARL REAGEER OP ‘N OKOSA DOKUMENT

Die SARL reageer op die OKOSA Konsep Assesserings Raamwerk vir toerusting magtiging. Die SARL Regulatoriese Werkgroep het hierdie week vir 2 ure via Skype vergader om die Konsep Assesserings Raamwerk te hersien wat daarop gemik is om goedkeuring te vereenvoudig en die weg vorentoe te ontwikkeling van ‘n protokol vir die vrystelling van die tipe goedkeuring. Laasgenoemde sal deel wees van 'n afsonderlike bespreking tydens die OKOSA se boekjaar 2019/2020. Die Werkgroep het die se SARL-reaksie op die dokument ontwikkel en dit sal voor 30 Januarie 2019 aan OKOSA voorgelê word.

STRANDE OP DIE LUG (BOTA)

Sidney Friedman, ZS5SID het 'n lys van Blouvlagstrande in Suid-Afrika saamgestel en die lys aan “Beaches on the Air” ingedien. Die lys dek strande in die Noord-Kaap, Wes-Kaap, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal. Die KZN notering is voltooi en die ander drie provinsies sal binnekort bygevoeg word. Om 'n strand te aktiveer, moet jy die aktivering op die BOTA Groep Facebook-bladsy adverteer, 'n minimum van 10 QSOs maak en jou logboek saam met fotografiese bewyse van die aktivering indien. Besoek www.beachesontheair.com vir meer inligting.

Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

VERSLAE WORD BENODIG VAN 'N 80 M WSPR BAKEN

Lindsay Magnus, ZS1LGM versoek radio amateurs in en om Gauteng om sy 80 m WSPR baken op 3,57002 MHz te monitor. Hy toets 'n nuwe antenna opset en sal meer besonderhede oor die antenna vrystel as die toetse suksesvol is. As jy nie voorheen WSPR gemonitor het nie, benodig jy die WSJTX-sagteware wat jy op die WSPR-modus instel en jou radio op 3,5686 MHz HSB instel. Die WSPR seine is dan tussen 1,4 en 1,6 kHz van jou klank basis. Jou rekenaar horlosie klok moet akkuraat wees vir die dekodering om te werk, dus maak seker dat jy NTP gebruik om die horlosie in te stel. Stuur asseblief verslae aan ZS1LGM.QSO@gmail.com. Die WSJTX URL is op die SARL tuisblad.

DIE FEBRUARIE 2019 UITGAWE VAN RADIO ZS

Die Februarie 2019 uitgawe van Radio ZS sal van Dinsdag 29 Januarie af beskikbaar wees (tensy die redakteur skielik nog 'n artikel ontvang!) In hierdie 48 bladsy uitgawe word die vraag gevra - moet die Suid-Afrikaanse Vroue Radioklub nie weer geaktiveer word nie? Lees die geskiedenis van die SAWRC op bladsy 12. Werner, V51JP vertel oor sy vakansie in Duitsland en Mat Erasmus wys hoe om 'n antenna-beheer kas te bou. Die Belgiese span gee hul mening oor die 2018 Jongmense op die Lug Winter kamp en AMSAT vier sy 50ste bestaansjaar met verskeie toekennings. In die BHF Nuus-kolom kyk ons na die weerkaatsing van radio seine teen vliegtuie en BHF kompetisies en SOTA. En daar is meer in hierdie uitgawe.

TWEE KOMPETISIES VOLGENDE NAWEEK

Klubs wat die plaaslike kompetisies aanbied, word weereens herinner om ten minste 'n week voor die kompetisie die relevante inligting aan SARL Nuus te verskaf. Geen inligting is ontvang vir die PEARS BHF/UHF kompetisie, die Somer QRP kompetisie, die BHF/UHF QSO Geselligheid of die ADV se Gelykgolf Aktiwiteitsdag.

Die SARL BHF/UHF QSO Geselligheid is 'n prettige aktiwiteit op die simpleks frekwensies van die BHF en UHF bande, wat aktiwiteit vir FM-stasies bied om operateur vermoë en stasie prestasie op simpleks te toets. Kry die Beginners op die lug sonder om 'n herhaler te gebruik en om PRET te hê op BHF en UHF. Die eerste been van die QSO- Geselligheid sal op Saterdag 2 Februarie 2019 vanaf 12:00 tot 16:00 UTC plaasvind en al die FM simpleks frekwensies op 6, 4 en 2 meter, 70 en 23 cm soos per bandplan mag gebruik word. Logstate moet ingedien word teen 11 Februarie 2019 per e-pos aan contest@sarl.org.za. Al die logstate sal aan 'n gelukstrekking deelneem.

Die doel van die Antieke Draadloos Vereniging Gelykgolf Aktiwiteitsdag is sodat deelnemers soveel amateurs as moontlik tussen 14 000 en 14 060 kHz; 7 000 tot 7 040 kHz en 3 510 tot 3 560 kHz kan kontak en is op Sondag 3 Februarie 2019 vanaf 13:00 tot 15:00 UTC op die lug. Die uitruiling is 'n RST-verslag, jou naam en jou Ruit Vierkant. Logstate moet ingedien word teen Maandag 18 Februarie 2019 by andyzs6ady@vodamail.co.za.

Kry die volledige reëls in die 2019 SARL Blouboek.

DIE OOS-RAND RADIOKLUB SNUFFELMARK

Die Oos-Rand Radioklub hou hul eerste snuffelmark vanaf 12:00 op Saterdag 2 Februarie 2019 by die Klubhuis in Ebenezerweg, Arrowe Park, Benoni. Moenie enige spesiale aanbiedings misloop nie. Om 'n tafel teen R20 te bespreek, kontak Judy by 079 730 2030 of stuur 'n e-pos aan zs6erb@gmail.com. Die beste boereworsrolletjies ooit en lekker koue drankies sal te koop wees.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar slegs 'n enkele, klein sonvlekkie sigbaar met geen gevaar van ernstige sonfakkels nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan moontlike openinge op die 15 tot 30 m bande verwag.
Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

31 Januarie – die sluitingsdatum vir Nominasies vir die SARL Raad, SARL Toekennings en AJV Mosies.
2 Februarie – die SARL BHF/UHF QSO Geselligheid.
3 Februarie – die ADV GG Aktiwiteitsdag.
4 Februarie – die sluitingsdatum vir Somer QRP Logstate.
9 Februarie – die BHF/UHF Werkswinkel by die NARS.
9 en 10 Februarie – die Nasionale Velddag en die CQ WPX RTD en PACC kompetisies.
13 Februarie – Wêreld Radio Dag.
15 Februarie – die sluitingsdatum vir PEARS BHF Logstate.
16 en 17 Februarie – die ARRL DX GG Kompetisie.
18 Februarie – die sluitingsdatum vir Nasionale Velddag en ADV GG Logstate.
28 Februarie - einde van die vroeë besprekings vir die Ruimte Simposium en sluitingsdatum vir SARL Eregallery nominasies.

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die sluitingsdatum vir nominasies vir SARL-toekennings en trofeë, mosies vir bespreking by die AJV en nominasies om op die Raad te dien, sluit om middernag op Donderdag 31 Januarie 2019.

Jy word verwys na bladsye 14, 15 en 16 van die Desember Radio ZS asook die SARL-kommunikasie gedateer 31 Desember 2018 vir 'n lys van die SARL-toekennings en trofeë wat tydens die toekennings dinee oorhandig sal word.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 Sentraal Afrika Tyd op 4 895 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns, ZS6ADY, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003